RifeMedic Professional Quantum Radionics Resonators

RifeMedic © All rights reserved.| Terms of Use and Disclaimer                          

Home ™

Rifemasjiene as persoonlike alternatiewe gesondheidsorg toestel.


Rifemasjiene het programme wat deur die werking van elektriese frekwensies, siektetoestande kan afbreek, kliere, organe en liggaamsdele stimuleer en die liggaamlike prosesse verbeter sodat die liggaam homself kan genees en gesond hou.

Rife Masjiene of Bio-resonators, het reeds `n geskiedenis van langer as vyftien jaar in Suid-Afrika. Etlike duisende mense het voordeel getrek en baie se lewe is gered deur die gebruik van `n Rifemasjien, veral waar die allopatiese medici raadop was.


Lees hier hoe `n Rifemasjien jou kan bevoordeel sonder toksiese medisyne, sonder newe effek, sonder afhanklikheid aan chemiese middels.

Die mediese stelsel waaraan meeste mense deelneem, funksioneer binne spesifieke grense van befondsing en dienooreenkomstige voordeel. Maar sodra jou mediese ondersteuning staak, en jy self nie meer jou toestand finansieel kan dra nie, kan die wonderlike stelsel jou nie verder akkomodeer nie en word jy verwerp om in ellende te ly en te sterf sonder dat enigiemand hoegenaamd simpatie hoef te hê. Dr. Royal Ramond Rife is deur Amerikaanse farmaseutiese organisasies vernietig nadat hy bewys het dat hy verskeie terminaal kanker-pasiënte gesond gemaak het sonder medisyne.


Rifemasjiene word deur die FDA (Food and Drug Association of America) en farmaseutiese maatskappye verwerp. In Suid-Afrika volg die mediese stelsel die riglyne van hierdie Amerikaanse organisasies wat byna die hele wêreld manipuleer, intimideer en finansieel tap. Toerusting wat by die mediese stelsels geregistreer is, voldoen nie noodwendig aan enige tegniese vereistes of kwaliteite nie. Inteendeel, volgens toetse, is dit juis van die swakstes maar mag amptelik as mediese toerusting gebruik word.


Rifemasjiene soos die bekende RifeMedic stelsels, word as alternatiewe gesondheidsorg toerusting verskaf en weier om deur die mediese stelsels beheer te word. Hierdie stelsels is van die beste kwaliteit in die wêreld en word deur medici en individue dwarsoor die wêreld gebruik omdat dit die regte gesondheid effek teweeg bring. Hierdie stelsels is deur die Suid-Afrikaanse owerhede getoets en veilig verklaar om te kan gebruik deur mense.


Navorsers deur die wêreld, toets frekwensies op organismes en die effek daarvan wanneer mense siektetoestande ontwikkel. Verskillende frekwensies word dan as `n program saamgestel om `n siektetoestand te help genees.


Rifemasjiene moet holisties gebruik word. Dit beteken dat die liggaam ook ander bronne benodig om die werking van die frekwensies te ondersteun. Die liggaam het water nodig om al die toksiese afval wat los geskud en uit selle gevibreer word, uit die liggaam te spoel. Voeding is nodig om energie produkte aan die hele liggaam te voorsien. Aksie is nodig om die immuunstelsel gesond en paraat te hou. Massering is nodig om die are, bloed, limf, spiere en senuweestelsel te oefen en te stimuleer. `n Gesonde omgewing is nodig om positiewe elemente van die lewe te kan ervaar.


Duisende RifeMedic toestelle word daagliks deur mense gebruik. Wanneer mens reis, of mense besoek, kan die Rifemasjien saamgaan vir ingeval `n spinnekop iemand byt, iemand skielik maagkrampe ervaar, verkoue of griep kry, voedselvergiftiging opdoen, bakteriese infeksie opdoen.


Die RifeMedic is uitstekend vir mense met kroniese gesondheidtoestande soos artritis, sirkulasie probleme, spier pyne, kopseer, vel infeksies, malaria, allergie, verslawing en honderde ander toestande. Dit werk ook baie goed om siektetoestande te keer sodra mens voel dit begin, soos verkoue, griep, sinusitis. Die RifeMedic kan ook doeltreffend gebruik word met akute toestande soos om wonde te help genees, spinnekopgif te neutraliseer, velkondisies soos gordelroos vinnig te stop, beenbreuke vinnig te help genees, ook griep, cholera, tuberkulose, longontsteking, breinvliesontsteking, en meer. Daar is ook verskeie emosionele toestand programme.


Die frekwensieband waarin `n Rifemasjien kan funksioneer, is `n goeie aanduiding van die sein-kwaliteit van die toestel. `n Toestel wat net tot 20 000 hertz werk is vyfvoudig swakker as `n toestel wat tot 100 000 hertz kan werk. `n Toestel soos die RifeMedic wat tot hoër as 1 200 000 kan werk, is sestigvoudig beter as die toestel van 20 000 hertz. Die aantal programme van `n toestel, is `n goeie aanduiding van hoe omvattend die vervaardiger die toestel gemaak het. RifeMedic toestelle het tot 4 300 programme teenoor ander toestelle wat net `n paar honderd programme het.


Die aankoop van `n Rifemasjien is `n eenmalige uitgawe en belegging. Dit behoort die hele gesin te help deur alle gesondheidtoestande of om as gesondheid ondersteuning gebruik te word. Parasiete kan gedood word, ontgifting van die liggaam en organe kan gedoen word, simulasie van die immuniteit kan gedoen word, gewigverlies kan bevorder word, algehele verskerping van sensoriese stelsels en die gesondheid daarvan kan bewerkstellig word.

Rifemasjiene mag nie deur swanger persone gebruik word nie. Omdat dit `n aggressiewe modaliteit is, moet mense wat aan lewensondersteuningstoestel gekoppel is soos `n hart-pasaangeër, mense met hart risiko's, sekere tipes trombose, sekere tipes epilepsie en ander gevaarlike toestande, nie `n Rifemasjien gebruik nie. Die gebruik van `n Rifemasjien bly `n persoonlike ingeligte keuse en die risiko daaraan berus by elke gebruiker self.


“If it is not a RifeMedic, don’t use it” is die kommentaar van `n groep Ierse medici wat die RifeMedic toestelle en ander toestelle al vir langer as tien jaar gebruik.

Ons verteenwoordiger in Engeland het laat weet dat hy `n toestel aan `n persoon verkoop het en omgekrap was omdat die persoon verlang het om persoonlike opleiding te ontvang. Toe hy daar opdaag, was dit die Minister van Gesondheid wat vit haarself `n RifeMedic gekoop het!


Ons hoor elke week van mense wat getuig hoe die RifeMedic brandwonde help genees het sonder dat daar ooit enige infeksie voorgekom het, hoe beenbreuke vinnig genees het, hoe spierbeserings vinnig genees het, die mense se sig verbeter het, hoe kroniese siektetoestande tot `n einde gekom het, hoe mense die dood vrygespring het nadat medici opgegee het, hoe mense se lewensgehalte verbeter het, hoe mense weer positief en entoesiasties is vir die lewe.

Die RifeMedic toestelle in Suid-Afrika, funksioneer al byna vir vyftien jaar en die probleme met die toestelle is 0.001 persent. Probleme ontstaan veral waar mense `n toestel laat val of as gevolg van weerligskade.

RifeMedic toestelle is innoverend en kan ander modaliteite by gebruik soos elektromagnetiese frekwensie toepassing, ‘water imprinting’ en ‘Radionics afstandbehandeling’. Ons toestelle kan ook vir troeteldiere en plante gebruik word. Die goedkoopste RifeMedic toestel is steeds meer as vyfvoudig beter as ander duurder toestelle wat ingevoer of plaaslik as mediese toestelle bemark word.


Vir omvattende inligting, besoek gerus ons webtuiste op www.rifemedic.co.za.

Kontak ons gerus op 011 794 2750 of stuur `n epos aan my by modeltec@icon.co.za.


Beste groete,

Dr. Pieter van Wyk

Ph.D, Alternatiewe gesondheid

Free RifeMedic, Bio-Resonance, Alternative Health Care Brochures:

          Printable from A0 to A4 paper size - open in file explorer


RifeMedic02.zip - RifeMedic Programs Chart 1.4 Mb

RifeMedic03.zip - Energy Medicine in Foods 1.6 Mb

RifeMedic04.zip - Energy Medicine in Raw Food  1.6 Mb

RifeMedic05.zip - Energy Medicine- the Nervous System 1.1 Mb



RifeMedic02.zip RifeMedic03.zip RifeMedic04.zip RifeMedic05.zip